Die Laerskool Panorama in Vredenburg het Donderdag 30 September vir meneer Andrew Arends totsiens gesê.
Arends het ná 31 jaar getroue diens aan die skool afgetree. Volgens die skool het hy met sy innemende persoonlikheid diep in almal se harte gekruip.
Arends is bedank vir sy getroue en lojale diens aan die skool en die gemeenskap. Virginia Vraagom, die skoolhoof, sê Arends gaan baie gemis word. “Gaan geniet jou aftrede en kyk mooi na jou gesondheid. Liefde altyd, van jou Pannies-familie.”


