Ongeluk op R311 eis tiener

In nóg ’n motorongeluk die afgelope naweek is ’n 17-jarige leerder naby Moorreesburg op slag dood nadat hy in ’n ongeluk uit ’n motor geslinger is.


In nóg ’n motorongeluk die afgelope naweek is ’n 17-jarige leerder naby Moorreesburg op slag dood nadat hy in ’n ongeluk uit ’n motor geslinger is.

Brian Jansen word as ’n stil en rustige kind met goeie maniere beskryf.

Ricardo Riekert, sy skoolhoof, sê Brian was een van die Riebeekvallei Spesiale Skool se rugbysterre wat tydens ’n onlangse wedstryd die wendrie vir die o.18-span gedruk het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, Weskus-polisiewoordvoerder, het die ongeluk Sondag 10 November omstreeks 05:50 op die R311 op pad na Moorreesburg gebeur.

Die bestuurder was vermoedelik onder die invloed van drank en het na bewering beheer oor die voertuig verloor, wat tot die ongeluk gelei het.

Riekert sê ook Brian se dood is ’n skok en ’n verlies vir die skool. “Hy was ’n goeie seun.” Brian se hoofvak was landbou en hy sou volgende jaar sy skoolopleiding voltooi het.

. Brian word Saterdag (16 November) begrawe.

You need to be Logged In to leave a comment.