In die Weskus is die Hugo-naam sinoniem met die motorbedryf. Ná jare van topdiens en goeie kliënteverhoudings neem Ernst jr. en Wynand Hugo die vlagskip oor.
Dié twee broers maak eersdaags Suzuki Vredenburg se deure in Velddrifweg oop.
Die handelsmerk is geaffilieer met Suzuki Auto Suid-Afrika. Hul leuse is: ’n Voertuig is meer as net ’n motor – it’s a way of life.
Motorhandel is waaroor die familie-onderneming gaan en dié familie weet beslis baie van motors. Die “nuwe generasie” Hugo-broers sit meer as 40 jaar se betroubare diens voort en bou op die werk wat hul oupa in 1971 begin het en hul pa, Ernst sr., na nuwe hoogtes gevoer het.
Op 1 Desember maak Ernst en Wynand die deure van hul Suzuki-handelaarskap oop en nooi bestaande en nuwe kliënte om na die beste voertuie op die mark te kom kyk.
Ernst sê die spanlede het hul huiswerk gedoen en gevind Weskussers soek “betroubare en bekostigbare” voertuie.
Danksy hul goeie ervaring met Japannese handelsname is Suzuki die logiese antwoord.
Benewens die vertoonlokaal, wat binnekort vol nuwe Suzuki- en tweedehandse motors sal staan, sal die broers se handelaarskap ook ’n werkswinkel hê waar nuwe Suzuki’s én tweedehandse voertuie versien sal word.
Die werkswinkel en onderdele-afdeling sal behartig word deur die ervare Ockert Wolmarans.
Die Suzuki Vredenburg-span sal dieselfde topgehaltediens lewer waarvoor die Hugo’s bekend is.
Met die jonger broers aan die stuur van sake sal die onderneming ook talle nuwe en interessante verrassings inhou.
Ernst Hugo sr. wens sy seuns alle voorspoed toe en weet hulle is van die regte stoffasie gemaak om die onderneming suksesvol te lei.
Wynand en Ernst nooi Weskussers om eersdaags by hulle te kom inloer en saam met hulle die nuwe era van motorhandel in te wy.