Nuwe era met Hi-Q vir jong, energieke span

’n Jong, energieke en dinamiese span, wie se nuwe handelsmerk gaan help om die besigheidswêreld vir die toekoms te betree.


’n Jong, energieke en dinamiese span, wie se nuwe handelsmerk gaan help om die besigheidswêreld vir die toekoms te betree.

Só beskryf Werner Laufer van Hi-Q die besigheid se besluit om van Speedy af na die Hi-Q-handelsnaam oor te skuif.

“Dit is ’n nuwe era, met nuwe idees en met ons span wat buite die boks kan dink, was dit ’n maklike keuse.”

Die verandering kom ook in aanloop tot die besigheid se 20ste verjaarsdag in September vanjaar.

“Ons voldoen steeds aan die mark waar jy hetsy ’n 4×4-spesialis is, of net dalk gou jou kar wil kom mooi maak.”

Die Hi-Q-handelsnaam neem net die besigheid na die volgende vlak toe.

“Met Hi-Q bied ons iets vir elke verbruiker aan, met ’n groter verskeidenheid en meer vooruitsigte vir die toekoms.”

Benewens al jou band-behoeftes, spog daar ook nou ’n Willard Battery-depot en passentrum by Hi-Q om alles meer gerieflik vir die verbruiker te maak.

Hi-Q is ’n voorsiener van alle verskillende make en groottes bande, vanaf die kleinste motorband vir ’n Mini tot trokbande vir langafstand-vervoer.

Dit is vanjaar ook vir die sesde agtereenvolgende jaar ingestem as die nommer een bandhandelaar deur Suid-Afrikaanse verbruikers in die 2015-’16 TGI Ask Africa Icon Brands-opname.

Wat die verbruiker aantref is iets waaroor Laufer veral opgewonde is, naamlik Hi-Q se gewilde Tyresurance.

Tyresurance waarborg die verbruiker krediet vir die vervanging van sy/ haar beskadigde passasiersbande.

Dit word outomaties ingesluit by elke passasiersband, maak nie saak watter handelsmerk, solank dit gekoop word by ’n Hi-Q Tyresurance goedgekeurde handelaar, en binne 30 dae vanaf datum van aankoop geregistreer is. Dit dek enige onherstelbare skade aan ’n band wat veroorsaak is deur ongeluk as gevolg van ’n bedreiging in die pad.

Vir meer inligting oor Tyresurance, Hi-Q of vir jou kwaliteitdiens, besoek Hi-Q in Saldanhaweg, Vredenburg of kontak 022 713 1171.

You need to be Logged In to leave a comment.