Noordhoek Primêr vier 4 dekades

Leerders van Noordhoek Primêr het dae lank plakkate en vlotte gemaak om hul skool se 40ste verjaarsdag te vier.


Leerders van Noordhoek Primêr het dae lank plakkate en vlotte gemaak om hul skool se 40ste verjaarsdag te vier.

Die leerders het die buurt se strate Vrydag 17 Mei soos een mens ingevaar om die verjaarsdaggees te deel.

Die dag het groot pret en plesier opgelewer en ’n spesiale byeenkoms is gehou. Die skoolhoof, Mervyn Ruiter, het oor die skool se geskiedenis gepraat.

Oudleerders het ook die dag saam geniet en 40 ballonne in die skool se kleure vrygelaat waarna die huidige leerders met hul stap begin het.

Potjiekos en lekkergoed is later uitgedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.