Nickilese van der Walt van Hoërskool Vredenburg is onlangs as die skool se Dux-leerder vir 2019 aangewys. Sy het vakpryse vir al sewe haar vakke ontvang asook die wisseltrofee vir beste prestasie in fisiese wetenskappe vir ’n gr. 12-leerder, die Gerhard Aggenbach-wisseltrofee vir beste prestasie in wiskunde vir ’n gr. 12-leerder, die Femnet-wisseltrofee vir beste prestasie vir gr. 10 tot 12 in lewenswetenskappe en die Skild vir Dux-leerling akademies. Dié prestasies het haar ook akademiese erekleure besorg.


Nickilese maak skoonskip

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article