Die omheinde netbalbaan langs die Laerskool St. Augustine’s in Paternoster. Foto: Danie Hefers

‘n Spesiale netbalwedstryd om ‘n Duitse vrywilliger se positiewe en blywende nalatenskap in die plaaslike gemeenskap en haar passie vir sport te vier, is die afgelope Maandag (20 Oktober) by die Laerskool St. Augustine’s in Paternoster gespeel.

Natalie Mankel, ‘n Duitse student, het Sondag 19 Februarie 2023 in ‘n motor- ongeluk op die R399-pad tussen Piketberg en Velddrif gesterf – slegs drie dae voor haar 22ste verjaarsdag.

Natalie was ‘n vrywilliger by die Paternoster-Projek NPC se Hoopsigprogram.

Die omheinde netbalbaan langs die skool is gebou met geld- en grondskenkings van die plaaslike Vaalplaas-trust, die Nasionale Lotery en Natalie se ouers, Ulrike en Matthias Mankel. Maandag se geleentheid is deur onder andere die Mankelfamilie, vriende en Celestine Barends, die skoolhoof, bygewoon.

Hier volg ‘n galery met foto’s van die wedstryd deur Danie Hefers:

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025