'n Polisieman kyk na die toneel waar 'n lyk op die strand naby die Tabakbaai-vakansieoord gekry is. Foto: Alida Buckle
‘n Polisieman kyk na die toneel waar ‘n lyk op die strand naby die Tabakbaai-vakansieoord gekry is. Foto: Alida Buckle

Netbalafrigter Elrico “Rico” Byl (27) wat verlede jaar geweldadig op die strand naby die Tabakbaai-vakansieoord by Saldanha vermoor is, se moordenaar het skuld erken en is gevonnis.
Wesley Snyders (19) is op Dinsdag 24 Junie in die Vredenburg-streekhof 25 jaar direkte gevangenisstraf opgelê.

Enrico Byl.
Enrico Byl.


Volgens Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Snyders erken hy het Byl gesteek, met ’n klip geslaan en hom van sy selfoon beroof nadat hulle seks op die strand gehad het.
Die hof het gelas dat Snyders twee derdes van die 25 jaar direkte gevangenisstraf moet uitdien voordat hy vir parool in aanmerking kan kom.
Die gemeenskap van Diazville het die vonnis met vreugde aangehoor, want hulle het soos wat hulle onverpoosd na Joshlin Smith gesoek het, ook oral na Byl gesoek nadat hy op Maandag 15 Januarie by die Saldanha-polisiekantoor as vermis aanmeld is. Dit is met die fynkam van die stuk ongerepte strand, wat hulle op die lyk afgekom het.
Byl is die laaste keer op Sondag 14 Januarie gesien waar hy sy huis in Oesterstraat verlaat.
Sy lyk is Woensdag 17 Januarie 2024 gekry op ‘n berugte stuk strand, wat al “Die Begraafplaas” genoem is weens al die lyke wat die afgelope drie dekades hiér gekry is.
Weslander het verlede jaar berig oor Byl se erge aanranding en marteling voor sy dood.

Die veroordeelde Wesley Snyders.
Die veroordeelde Wesley Snyders.


Speursersant Siyabonga Bara, wat die saak geërf en die ondersoek voltooi het, het die gemeenskap bedank vir die beduidende aandeel wat hulle in die suksesvolle inhegtenisneming en vonnis van Snyders gehad het.
Lees meer in vandeesweek se koerant wat môre (Donderdag 26 Junie) op straat en op die winkelrakke te koop sal wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025