Néca Damon (gr. 9) het onlangs die Wes-Kaap by die Nasionale Interskole Redenaarsliga by die Wits-universiteit in Johannesburg verteenwoordig. Damon het teen leerders van skole oor die land heen meegeding en ‘n algehele 13de plek in die afdeling Voorbereide redenaars vir gr. 9’s losgepraat. Teen die agtergrond van die amptelike 100 jaar vie-ringe van Afrikaans wou Damon met haar toespraak bewys dat Kaaps, as variëteit van Afrikaans, nie klatergoud is nie.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025