Die atleet en stigter van Inspiration, Natasha Jantjies.


Haar groot droom om aan die 2024-Comrades-marathon deel te neem, word vanjaar vir Natasha Jantjies ’n werklikheid.

Jantjies, die stigter van Inspiration, ’n organisasie sonder winsbejag, het besluit om die Comrades aan te durf –nie net as ’n doel wat sy vir haarself gestel het nie, maar ook ter wille van haar organisasie om geld in te samel. Die Comrades-marathon is op Sondag 9 Junie en Jantjies se doel is om R50 000 in te samel.

Inspiration fokus daarop om jongmense op te bou deur verskeie lewensvaardighede wat voordelig sal wees vir hul toekoms. Dié Langebaner is versot op fiksheid en is die afgelope vier jaar ’n lid van Langebaan-atletiekklub. Sy sien baie uit na hierdie geleentheid. “Jou skenking sal direk bydra tot die skep van geleenthede vir hierdie verdienstelike jong individue om hulle te help om hul volle potensiaal te ontsluit en ’n beter toekoms te bou,” sê Jantjies.

Besoek inspirationlangebaan.org.za/support/ om ’n skenking te gee.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025