’n Wêreld van hoë gehalte

Extrusion World verkoop ’n verskeidenheid aluminiumprodukte en hardeware.


Extrusion World verkoop ’n verskeidenheid aluminiumprodukte en hardeware.

Die onderneming is reeds vier jaar aan die Weskus en is nou by ’n nuwe perseel in Marais Industria geleë.

Extrusion World behoort aan Karla en Ruan Wentzel, maar word deur Hennie Zaayman bestuur. Hennie sê die onderneming gaan van krag tot krag danksy die gemeenskap se getroue ondersteuning.

Die onderneming verskaf nie net aluminiumprodukte nie, maar het onlangs uitgebrei om ook motorhuisdeure, geute en grootmaat glas aan klante te verskaf.

’n Deel van hul suksesresep is vriendelike, bekwame personeel asook billike pryse, gehalteprodukte en diens van hoogstaande gehalte. “Ons kan ’n sertifikaat uitreik om te sê ons produkte is van hoë gehalte,” vertel Hennie trots.

“Elke klant kry persoonlike diens en my tegniese vernuf stel my in staat om ons klante maklik te help.” Produkte kan ook vir klante se gerief afgelewer word.

Hennie sê hy skroom nie vir mededinging nie, want soos hul leuse glo hy “goeie mededinging laat jou altyd na beter streef”. Extrusion World lewer ’n diens aan die Weskus-gemeenskap en hul ure sluit Saterdae van 08:00 tot 12:00 in.

Besoek gerus die onderneming by die nuwe perseel in Mosselstraat 2, Marais Industria, Vredenburg of skakel 022 719 1513.. As die landlyn besig is, kontak hulle gerus by 064 834 9880.

You need to be Logged In to leave a comment.