St. John’s Anglikaanse kerk in Laingville het Maandag 17 Junie ’n suksesvolle Jeugdag-viering gehad.
Die geleentheid is op die Laingville-sportterrein gehou.
Die dag het sowat 250 mense gelok.
Die doel van die geleentheid was onder meer om die jeug te bemagtig om hul unieke stories en perspektiewe te deel, ’n platform te skep waar talente uitgevoer kon word en om samewerking en innovasie aan te moedig. Daar was demonstrasies deur wetstoepassers, praatjies deur die plaaslike polisie en die departement van gemeenskapsontwikkeling, sport en ander aktiwiteite asook kattebak-verkope wat ekonomiese geleenthede geskep het.
Die organiseerders bedank almal wat die dag moontlik gemaak het.