Dit was ’n fees wat ’n mens nie maklik sal vergeet nie.

Die Mykonosfees is beslis nie ’n geleentheid om te mis nie, soos klein Leana Harmse (5) bewys het toe sy al haar sakgeld gespaar het om vir Snotkop te gaan kyk.

Maak nie saak of dit Snotkop, Emo Adams of die Redeling­huys Stoftrappers was wat besoekers na die fees getrek het nie – daar was iets vir almal.

Volgens Natasha Brand, bemarkingsbestuurder van Mykonos Casino, was die feesterrein tot oorlopens toe vol.

Sy sê die fees is ’n familie-vriendelike trekpleister vir die Weskus en dit blyk die organiseerders het beslis geslaag in hul taak.

Benewens die groot name soos Juanita du Plessis en Jay was daar baie kontreikunstenaars wat die voete laat jeuk het.

Danksy die Silwer Valke was die fees ook op ’n asemrowende en skouspelagtige, pure Weskus-manier, Vrydagmiddag geopen.

You need to be Logged In to leave a comment.