Musiek loop deur hul are.

Leerders aan die Weskus-musiekaka­demie het die afgelope maand aan die onlangse Trinity praktiese eksamen deelgeneem.

Verskeie van die jong musikante het uitgeblink in hul eksamens en saam het die groep die Weskus se naam hooggehou.

Altesaam 10 van die akademie se leerders het met eervolle vermelding geslaag en nege met lof.

Leerders wat met lof geslaag het is: Aiden Fransman (94%, graad 2 saksofoon), Annika Gericke (94%, graad 1 klarinet), Schalk Meintjes (94%, graad 2 klavier), Corné Meintjes (92%, graad 1 klavier), Micaela van der Walt (89%, graad 3 klavier), Robyn Geldenhuys (89%, inisiaal tjello), Owenithe de Bruyn (87%, graad 3 klavier), Quizandri Mouton (87%, graad 3 klarinet) en Chloë Pieterse (87%, inisiaal fluit).

Leerders wat met eervolle vermelding (tussen 75% en 86%) geslaag het, is: Carli Allen (inisiaal klavier), Mieke van der Merwe (graad 5, klavier), Jan Lochner (graad 4 saksofoon), Tshitso Khahleli (graad 1 kontrabas), Zilke Vrolick (graad 1 tjello), Bianca Lochner (graad 7 fluit), Lu-anne Adams (inisiaal tjello), Tyla Maltby (graad 4 klavier), Caitlin Links (graad 1 tjello) en Jaco Coetsee (graad 5 klarinet).

Sarah Kleynhans (graad 7 klavier) en Nqaba Ndita (graad 1 kontrabas) het ook uitstekende gevaar met albei wat hul eksamens geslaag het.

You need to be Logged In to leave a comment.