Motorruit op Weskuspad stukkend gegooi

Die ruit van ’n bakkie is Maandagaand 28 Oktober op die Weskuspad (R27) tussen die afdraai na St. Helenabaai en die Hopefield-kruising (R45) stukkend gegooi – vermoedelik in aanloop tot ’n kaping.


Die ruit van ’n bakkie is Maandagaand 28 Oktober op die Weskuspad (R27) tussen die afdraai na St. Helenabaai en die Hopefield-kruising (R45) stukkend gegooi – vermoedelik in aanloop tot ’n kaping.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n Weskus-polisiewoordvoerder, was ’n 34-jarige bestuurder van Langebaan omstreeks 21:15 in sy wit Toyota Hilux onderweg.

Hy het ’n gryskleurige voertuig, vermoedelik ’n Hyundai-motor, gesien, wat op die R27 van die kruising van Vredenburg se kant af gedraai het. Die voertuig het op hom afgepyl en die klaer het gesien hoe ’n baksteen na sy bakkie gegooi word. Hy het gelukkig kop gehou, onmiddellik van die toneel af weggejaag en ’n klagte van opsetlike saakbeskadiging by die Vredenburg-polisie aangemeld. Die skade aan die bakkie beloop R15 000.

Motoriste word gewaarsku om ekstra waaksaam op die Weskus se paaie te wees.

You need to be Logged In to leave a comment.