Zanette Kellerman (middel) van Saldanha Animal Care saam met twee van die wenners van die veiling.

Motorfietsryers van verskeie klubs in en om die Weskus het Sondag 27 April by Dial Rock in Saldanha bymekaargekom en in ‘n groep vertrek na Juffrous-

hoogte met die doel om geld in te samel vir Saldanha Animal Care (SAC) en ook bewusmaking te skep van die aantal honde in hul sorg wat nog na ‘n liefdevolle huis soek.

Die geleentheid is gereël deur Gert Venter, president van Road Thunders-motorfietsklub.

Motorfietsryers wat die geleentheid ondersteun het, was onder meer van die Mac’s Familia- en Meeulanders-klubs terwyl daar ook lede van ander klubs teenwoordig was, en het almal skenkings vir die skuiling gegee.

Die dag het ook ‘n veiling en speletjies behels.

Saldanha Animal Care bedank graag vir Johann Ferreira van Harcourts West Coast, die venue Juffroushoogte-

gasteplaas, Harcourts Yzerfontein, alle borge en die Roadthunders en ander klubs wat tot die dag bygedra het.

Om meer uit te vind oor die honde wat vir aanneming beskikbaar is, of SAC te ondersteun, skakel Zanette Kellerman by 082 921 0233.

Antonio Dos Santos, die diereskuiling se bestuurder en veld- werker, met die donasies wat op die dag ingesamel is.
Babahondjies wat vir aanneming beskikbaar was maar intussen families gevind het. Daar is wel nog sowat 40 honde wat nog na liefdevolle huise soek.
Gert Venter wat die veiling gelei het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 November 2025
    Weslander E-Edition – 27 November 2025

Gift this article