Police in Gqeberha are warning residents to be wary of criminals posing as police officers and robbing them in their homes.

Stock image

Weslander gee elke week ‘n oorsig oor die afgelope week se misdaad in die Weskus-polisiedistrik, met behulp van kapt. Tania Helfrich, polisiedistrikswoordvoerder. Vir die week van Donderdag 3 April tot Woensdag 9 April lyk dit so:

  • Twee mans is Vrydagoggend om 00:45 op die Stompneusbaai-Paternosterpad voorgekeer met twee halwe skaapkarkasse. Albei se klere was vol bloed en hulle is net daar in hegtenis geneem. Hulle het op Maandag 7 April in die Vredenburg-landdroshof verskyn.
  • ‘n Klagte van opsetlike saakbeskadiging is in Nuwerus aangemeld nadat honde op 27 Maart vier skape op ‘n plaas daar naby doodgebyt het.
  • ‘n Ondersoek is van stapel gestuur nadat menslike beendere op Donderdag 3 April op ‘n plaas in die Vredenburg-omgewing gevind is.
  • Lenyatso Hohannes Ntwagae (30) is Saterdag 5 April op ‘n plaas in die omgewing dood nadat hy en sy vermeende aanvaller, Frans Modiboa (28), stry gekry en mekaar met messe begin steek het. Modiboa is in hegtenis geneem en sal eersdaags in die Vanrhynsdorp-landdroshof verskyn.
  • Lebohang Selahla (36) van Citrusdal is Sondag 6 April in hegtenis geneem vir handel in dwelms. Die voertuig waarmee hy van De Doorns onderweg na Citrusdal was, is voorgekeer en deurgesoek.
  • Poisiebeamptes van die Eendekuil-polisie het 30,7 kg dwelms wat glo aan Selahla behoort, gekry. Hy het op Dinsdag 8 April in die landdroshof verskyn.
  • Genesis Guluwe (26) van Donkerhoek, Klawer, het glo op Saterdag 5 April geweier om sy bier met drie onbekende mans te deel. ‘n Stryery het ontstaan waarna Guluwe met ‘n mes in die nek gesteek is. Hy is op die toneel oorlede en sy vermeende aanvaller, Inganathi Tsangela (20), het Dinsdag in die Klawer-landdroshof op aanklag van moord verskyn.
  • ‘n 28-jarige man van Middelpos, Saldanha, het Saterdag kruie gebruik omdat hy nie lekker gevoel het nie. Die man het gaan slaap en nie weer wakker geword nie. Die Saldanha-polisie het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek geopen.
  • ‘n 24-jarige vrou van Witteklip, Vredenburg, is in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad behandel nadat sy op 2 Februarie tussen 22:00 en 23:00 aangerand is. Na bewering het die slagoffer na haar kêrel gaan soek toe sy deur ‘n 25-jarige vrou en 17-jarige jong man met ‘n panga en ‘n knuppel aangeval is. Die twee aanvallers is in hegtenis geneem en het Maandag 7 April in die Vredenburg-landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.
  • Mlungisileli Noncu (49) is op Saterdag 5 April in Better Life in Ongegund, Vredenburg, deur drie onbekende aanvallers doodgeskiet. Die Vredenburg-polisie ondersoek die moordsaak.
  • ‘n 45-jarige man is Sondag vroeg die oggend na die Vredenburg- provinsiale hospitaal geneem nadat hy in die nek geskiet is. Die omstandighede rakende die skietery word ondersoek en ‘n saak van poging tot moord is geopen.
  • Joseph Stewe (46) is Maandag 7 April omstreeks 17:15 op ‘n ongelukstoneel buite Lutzville op die pad na Koekenaap (R363) oorlede. Die voertuig wat hy bestuur het, het teen ‘n vragmotor gebots.
  • Xolisa Ndzana (39) is op Maandag 7 April omstreeks 00:30 by ‘n vulstasie op Porterville vasgetrek nadat hy vir polisiebeamptes op patrollie verdag gelyk het terwyl hy by ‘n voertuig gestaan het. Hy het gesê hy wag vir sy suster. Hulle het uitgevind die voertuig is in Maart in Kleinvlei gesteel. Ndzana het Dinsdag 8 April in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ‘n gesteelde voertuig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025