 ’n 50-jarige man van Eendekuil is Vrydag 19 April omstreeks 17:45 aangekeer nadat hy ‘n U-draai gemaak en oor ‘n kind gery het. Sy eerste hofverskyning is op 21 Julie 2025 op aanklagte van dronkbestuur asook roekelose en nalatige bestuur.

 ’n 18-jarige man is Saterdag 20 April omstreeks 02:15 in sy hand gewond. Die slagoffer was by ‘n vriend se huis in Chatsworth, Malmesbury, en het na buite gestap omdat hy iets buite gehoor het. Hy het ‘n onbekende man met ‘n vuurwapen gesien. Die aanvaller het op hom geskiet, waarop die slagoffer die huis in gehardloop het. Die aanvaller het nog ses skote afgevuur, waarna hy gevlug het. Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

 Die lyk van ‘n tweejarige meisietjie is Sondag 21 April om 15:00 in ‘n kanaal op ‘n plaas in die Malmesbury-omgewing gevind.

 Bantu Njambatwa (34) is Sondag 20 April omstreeks 18:58 in sy hokkie in Litiumstraat, Ongegund, doodgeskiet. Njambatwa is in die kop en linkerbors geskiet. Die Vredenburg-polisie ondersoek die omstandighede rakende die moord.

 Sowat vier sakke ondermaat-kreef is Woensdag 16 April omstreeks 22:40 by ‘n motoris gekry nadat sy voertuig in ‘n padblokkade op die R27-

Yzerfontein-kruising naby Darling deursoek is. Met die deursoek van die silwer Toyota Tazz is 155 ondermaat-kreef gekry. Die 34-jarige man het verlede Donderdag (17 April) in die Darling- rondgaande landdroshof verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article