Die veiligheid van vakansiegangers wat strande in die Saldanhabaai- munisipale gebied besoek, sal dié Desember-skoolvakansie voorkeur geniet met menseredders van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) wat ’n wakende oog oor swemmers sal hou.
Hul verantwoordelikhede sluit in die voorkoming van verdrinkings en ongelukke, asook doeltreffende reaksie op noodgevalle. Swemmers word steeds gewaarsku om nie onverskillig te wees wanneer hulle in die see swem nie, te alle tye die waarskuwings van menseredders te gehoorsaam en slegs in aangewese gebiede te swem.
Die menseredders sal by die volgende strande diens doen: Paternoster, Leentjiesklip, Langebaan, Hoedjiesbaai, Saldanha; Saldanha-hoofstrand en Laingville.
In ’n noodgeval, skakel die NSRI by 082 990 5966.

