Kelly en kie begin met appèlproses teen lewenslange vonnis:
Almal weet en sy weet sy sal nie ‘n ligter vonnis kry of onskuldig bevind word nie, waarom word sy toegelaat om ons belastinggeld so te mors? – Terence Bekker Raath
Wasted time and money, she must say where Joshlin is. – Beatrice Harmse
This should not be allowed without new evidence. That way they might be forced to speak if they want to appeal. – Liza van As
Sy het haar kind verkoop en dit al klaar is vir daardie klein kindjie ‘n lewenslange vonnis, so, my opinie, sy moet maar lewenslank sit want sy het absoluut geen berou nie. Sy moet die duiwel uit haar lewe kry en Jesus aanneem, dan sal sy die waarheid praat. Daar is ongelukkig gevolge vir haar dade en dit is lewenslange tronkstraf. – Nicolene de Wet
Inwoners van Langebaan ongelukkig met ontwikkeling:
Ai. Daar word glad nie meer gedink aan die natuurskoon of selfs die blommetyd elke jaar nie. Alles gaan net oor geld. Eintlik hartseer dat die mensdom so gierig geraak het. – Nicolene de Wet
Ja né, wat wil Langebaan se mense nog bou? Nog groot geboue, nog besighede? Die eens rustige vissersdorpie is nie meer so rustig nie. Daar gaan nou meer misdaad wees as tevore en die mooi natuur moet ook daar onder boed om plek te maak vir nog gebouery. – Dawie Fourie
Nóg ‘n skietdood laat Vredenburg steier:
Wat is nou besig om te gebeur in ons mooi Weskus? Dit was altyd so ‘n veilige en rustige plek. – Lourika Moller
Ai, daai mooi veilige plek waar ‘n mens in aand kon rondstap . Nee wragtig, die duiwel is lankal los gemaak. – Ria Pretorius
Nou ‘n streek van moord, verkragting, molestering, vermiste kinders, dwelms smokkel, net eenvoudig ‘n nes van geweld. – Velo VdUb
Dis maklik, almal kla en het iets te sê oor dit. Hoekom staan ons nie saam en roei dié wat nie hoort nie uit? – Johannes de Vries