Rugby groei vinnig as skoolsport onder meisies aan die Weskus.

Afrigter Melvin de Bruyn is reeds besig met oefensessies by Weston, Diazville en Velddrif Hoërskole en nooi ander belangstellende skole uit om dit ook op die proef te stel.

Hy rig die afgelope paar jaar reeds die Boland-o.18-meisierugbyspan af.

Die Weskusmeisies kry die kans om aan rugbywedstryde en streek- en provinsiale rugbyproewe deel te neem.

“Die entoesiasme en die wil om rugby te leer speel, is groot, en met elke oefensessie word aan verskillende vaardighede gewerk om die spel te bemeester,” sê De Bruyn.

Onder De Bruyn se toesig het die Weskus reeds ’n senior Boland-vrouerugbyspeler, drie o.18- en twee o.16-meisiespelers opgelewer.

Skole wat belangstel om betrokke te raak kan De Bruyn bel by 083 756 2271 of e-pos na melcup@webmail.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.