Veerkragtigheid, of resilience, soos die Engelsman dit noem, is een woord wat veral die afgelope week baie in gesprekke gebruik is – die veerkragtigheid van Suid-Afrikaners, om meer spesifiek te wees. Dié woord is grotendeels gebruik in verwysing na Sondagaand se naelbyt-oorwinning deur die Bokke oor die Hane in die kwarteindstryd op Stade de France, wat letterlik in die laaste minute van die wedstryd bepaal is. Die Franse het op pad na die doellyn die bal verloor en die Bokke het beheer gewen om uit te skop nadat die wedstrydtyd reeds uitgeloop het.

Dit was geensins ’n foutlose wedstryd aan enige kant nie, maar ’n wedstryd wat vir langer op ondersteuners se lippe sal bly as een waar ’n span tot op die laaste minuut hul harte uitspeel en alles op die veld los.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025