Die twee verdagtes in die moordsaak van Marley Filander (25) het die afgelope Maandag (13 Oktober) in die Vredenburg-landdroshof verskyn.
Marley se lyk is op Saterdag 23 Augutus omstreeks 07:30 op ‘n stuk oop veld naby die die Hoërskool Weston in Pikkewynstraat, Louwville, gevind.
Kapt. Tania Helfrich, ‘n woordvoerder vir die Weskus-polisie, het bevestig dat die Vredenburg-polisie Anthony Rhodes (24) en Jean-Claude Goliath (21) verlede maand (op Vrydag 5 September) in hegtenis geneem het. Hulle het Maandag (8 September) die eerste keer op ‘n aanklag van moord in die hof verskyn.
Marley se suster, Kaytlin Filander, het op Dinsdag 9 September op Change.org ‘n aanlyn petisie begin om die beskuldigdes se borgtog-aansoek teen te staan. Kaytlin moedig mense aan om die petisie steeds te ondersteun. Meer as 19 000 handtekenninge is reeds ontvang.
Hoewel die saak tot Woensdag 22 Oktober uitgestel is, sê Kaytlin die gesin voel of hulle nader aan die waarheid is.





