McGregor terug vir 11de Berg

Hank McGregor, tienmalige kampioen in die Bergrivier-kanomarathon, het bevestig hy gaan aan vanjaar se wedvaart deelneem.


Hank McGregor, tienmalige kampioen in die Bergrivier-kanomarathon, het bevestig hy gaan aan vanjaar se wedvaart deelneem.

McGregor is verreweg die Berg se mees suksesvolste deelnemer ooit, sy dubbelsyfer titels wat Robbie Herreveld se ses in die tweede plek verdwerg.

“Ná my wen by die Mauritius Ocean Classic verlede naweek is ek weer uitgerus en gereed vir die wedvaart,” het McGregor aan Gameplan Media gesê.

“Almal sê dit elke jaar, maar hierdie jaar gaan een van die mees kompeterende Berg(-wedvaarte) ooit wees en ek kan nie wag om te sien hoe dit gaan afloop nie.”

Verlede jaar se naaswenner, en 2014 kampioen, Andy Birkett, is nie daar om vanjaar vir McGregor opdraende te sorg nie, maar met name soos Graeme Solomon, Simon van Gysen, Stu Maclaren en Louw van Riet is daar genoeg manne om vir McGregor gas te gee.

Vier internasionale roeiers, Hongarye se Adrian Boros, Australië se Josh Kippin en Brendon Rice, asook Petr Mojzisek van die Tsjeggiese Republiek sal ook ‘n groot bedreiging wees.

Vanjaar se Bergrivier-kanomarathon begin Woensdag 13 Julie in Paarl en eindig Saterdag 16 Julie in Velddrif.

Weslander sal deurlopend die skofte se uitslae op sy Facebook-blad en Twitter-profiel sit om lesers op hoogte van die marathon te hou.

You need to be Logged In to leave a comment.