JuneBé du Preez, ’n gr. 12-leerder aan Hoërskool Vredenburg, het erekleure vir skilderkuns ontvang. Du Preez het in 2020 aan ’n internasionale, virtuele Eskom-ekspo deelgeneem en ’n bronsmedalje vir haar projek ontvang. Sy het ook aan die Young Artist Awards-kompetisie deelgeneem wat deur die nasionale eisteddfod van Suid-Afrika gehou is, waar sy eervolle vermelding ontvang het. Sy het verder ook aan die internasionale Afrikaans-ekspo deelgeneem, wat deur die FAK van stapel gestuur is, waar sy in die skilderkuns-afdeling as wenner aangewys is. Du Preez het 94% vir haar inskrywing ontvang.


Matriekleerder beïndruk met haar skilderkuns

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025