Manne vermaak tydens steakete

Die Vrydagaand se steakaand in die biertent is al ’n instelling by die jaarlikse Hopefield-fynbosfees.


Die Vrydagaand se steakaand in die biertent is al ’n instelling by die jaarlikse Hopefield-fynbosfees.

Vrydagaand 26 Augustus word daar heerlik biefstuk gebraai en vanjaar vermaak Die Manne van Stellenbosch die gaste.

Hulle maak ’n wye verskeidenheid op en wakker musiek – bring dus dansskoene saam.

Dit kos R140 per persoon en begin om 18:30 vir 19:00. Geen hekgeld word ná 17:00 gehef nie.

Saam met ’n sappige 300 g-biefstuk word tjips, sampioenroomsous, ’n knoffelbroodrolletjie en spinasie en pampoen voorgesit.

Bespreek vooraf by Arell by 083 735 3632.

You need to be Logged In to leave a comment.