Julie is die maand van spaarbewustheid en vanjaar se tema, “#CrazywaystoSave”, is die ideale aanmoediging om Suid-Afrikaners te laat belê in hul eie finansiële vryheid en groter geluk.
Dit is belangrik om jou brein “op te lei” en buitengewone denkpatrone aan die gang te sit wanneer dit by spaar-idees kom. Hier is ’n paar ietwat ongewone, maar interessante spaargewoontes om te oorweeg:
Verminder, hergebruik en herwin
. Verminder afvalprodukte en probeer om dit liefs te vermy. Hoekom nie eerder lapservette herhaaldelik in plaas van elke keer nuwe papierservette gebruik nie?. Sê nee vir weggooibare artikels en gebruik eerder produkte wat hergebruik kan word.. Versamel bottels en blikkies en ruil dit in vir kontant.
Kruideniersware
. Kyk ’n bietjie watter kos of produkte jy in die “afslag-houer” by die supermark kan vind.. Gebruik die winkelsentrum naaste aan die huis (of naby jou kantoor) en doen vooraf behoorlike navorsing oor spesiale aanbiedinge. Jy sal kan spaar op brandstof én kruideniersware.. Koop grootmaat, maar slegs as dit werklik ’n spesiale aanbod is en as jy alles sal kan opgebruik voor dit sleg raak.. Verminder weeklikse kruideniersuitstappies. Indien jy wel by die winkel moet inhardloop, doen dit net voor toemaaktyd – daardie geroosterde hoender of botterskorsiesop teen halfprys kan steeds heerlik smaak.
Besparingstegnieke
. As dit koud is, gebruik waterbottels en komberse in plaas van die lugversorger of elektriese verwarmer. Dink net aan die elektrisiteitsrekening waarop jy bespaar.. Spaar ’n hele hoop geld en probeer jou eie doen-dit-self skoonmaakprodukte.. Los die gimnasium en doen liggaamsweerstand-oefeninge by die huis.. As jy ’n wegbreek nodig het, probeer by familie of vriende in ’n vakansiedorp eerder as ’n duur gastehuis tuisgaan.. Spaar ’n klomp geld deur model te speel vir haarkappery-studente of jou eie hare te sny as dit nie in ’n ramp sal eindig nie.
Bron: DebtSafe (www.debtsafe.co.za)

