Vrydag 2 September omstreeks 18:45 is ’n 61-jarige man van Riebeek-Wes in hegtenis geneem nadat ’n lasbrief verkry is om sy woning te deursoek. Altesaam 96 bankies tik, 150 daggastoppe, 131 halwe Mandrax-pille en R20 920 kontant is in sy woning gevind. Die man het reeds Maandag 5 September in die landdroshof in Malmesbury op aanklag van handel in dwelms verskyn.


  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025