Kapers het ’n motoris in ’n stilstaande motor vroeg Dinsdagoggend (6 Februarie) deur ’n oop ruit bewusteloos geslaan en met die motor gevlug.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder, het die slagoffer bygekom op die plek waar hy in Hopland in sy wit Hyundai Getz gekaap is.

Die motor was skoonveld.

Die polisie het die motor omstreeks 08:00 in Talmakkies­straat, Diazville, teruggevind. Die motorradio is gesteel, maar die voertuigsleutels is op een van die voorste sitplekke gelos.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval word gevra om speursers. Nhlekanipho Gumbi by 067 106 9956 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025