Weskussers en besoekers van heinde en ver het ten spyte van bewolkte en reënerige weer steeds Vrydag en Saterdag 21 en 22 Maart hul kampstoele, komberse en dik baadjies gebring om die Weskus-lugskou by te woon.
Sowat 6 000 besoekers, deelnemers, hekwagters en stalletjiehouers het by die Saldanha-lughawe saamgetrek om te kyk hoe allerhande soorte vliegtuie sierlike toertjies in die lug maak.
Die verwagte adrenalienbelaaide lugvaartaksie moes egter tot ná 14:00 Saterdag wag vir die grou weer om ‘n bietjie oop te trek.
‘n Girokopter-vlieënier was van die eerstes om die gehoor met lugtoertjies te vermaak voordat die lugskou kort voor 15:00 ná ‘n tragiese vliegongeluk tot stilstand geruk is.
Die stalletjies het ‘n wye verskeidenheid te eet en drink aangebied en by die stalletjies soos dié van die lugmag en weermag kon besoekers en jongmense meer oor die verskillende beroepe leer.
Kinders én grootmense het die pretpark ook terdeë geniet.






You must be logged in to post a comment.