Die polisie het beslag gelê op dié lugpistool (pistoolweergawe van ’n windbuks) waarmee ’n man op ’n vrou in Malmesbury geskiet het.


’n Man van Malmesbury word van poging tot moord aangekla nadat hy glo met ’n lugpistool op ’n vrou geskiet het.

Volgens kapt. Tania Helfrich, ’n polisiewoordvoerder vir die Weskus-streek, het die man (26), wat die vrou (33) glo eers gevloek en toe ’n skoot in haar rigting afgevuur het, al voorheen met die gereg gebots. Die vrou is egter nie raakgeskiet nie.

Die man sou vandeesweek in die plaaslike landdroshof op aanklag van poging tot moord verskyn.

Volgens Helfrich is ’n luggeweer of -pistool (pellet gun) nie ’n vuurwapen nie, maar dit is steeds ’n gevaarlike wapen wat iemand ernstig of noodlottig kan beseer.

Die voorval het Maandag 29 Augustus om 18:20 in Malmesbury plaasgevind.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025