Die dokumentêr Die visnetmakers van die Weskus, saamgestel deur Lizelle de Bruin, is Donderdag 8 Augustus 2024, in die tydgleuf 20:00 tot 20:30, op Radio Sonder Grense (RSG) uitgesaai.

Ek wens Lizelle de Bruin geluk met haar gebruik van die passende Bybelversie, Spreuke 3 vers 6: “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop”.

Ek [sê] dankie vir die voorbereidings om dit wat uitgesaai is, uit te saai, want uit eie ondervinding deur Weskus toe ry, weet ek dis wyd om te ry. Ek was nog nooit in St. Helenabaai waar die nette reggemaak word nie.

Die inhoud van die program het my bekendgestel aan dié beroep, wat ek nie geweet het bestaan nie. Wat treffend was, was die tweede mas waarvan melding gemaak is, verskillende name en vanne van mense sodat ons, die RSG-luisteraars, weet wie praat met hulle. Verskillende nette word gediens, vir die pad van sukses waarvan gepraat is, sodat die vrou hoop het vir die toekoms.

’n Kollega van my in die nasionale departement van korrektiewe dienste, wat ’n Springbok-hengelaar is, het toe ek hom vertel het van die dokumentêr wat uitgesaai is, geantwoord “dis ’n kuns” om die nette reg te maak.

Dankie vir die goeie program en vir vis om te vang sodat daar werk is.

Mag jy nog sulke programme vir RSG saamstel.


HJ Gerber,

Paarl

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025