Liedjies uit pen bemoedig ander

Kersfees is ’n tyd vir feesvier en musiek. Dus is dit maklik om te verstaan hoekom ons “Weskusser van die week” Madré Sneyders versot is op hierdie tyd van die jaar.


Kersfees is ’n tyd vir feesvier en musiek. Dus is dit maklik om te verstaan hoekom ons “Weskusser van die week” Madré Sneyders versot is op hierdie tyd van die jaar.

Bedags is Madré die stem en gesig van Steenberg’s Cove Primêr in St. Helenabaai, maar haar talente strek verder as haar sekretariële vaardighede.

Dié ma van twee het onlangs begin om haar eie liedjies te skryf en met die hulp van die plaaslike musiekmaker Vernon Vraagom het sy pas haar eerste album bekend gestel.

Madré (41) sê egter die liefde vir haar eie liedjies kom van die begeerte om ware kontreistories te vertel.

Benewens haar passie vir musiek hou Madré haar elke Desember-vakansie met ’n Kers­partytjie besig. Sy sê hierdie geleent­hede is haar manier om ietsie vir die gemeenskap in die vorm van ’n bederf terug te gee.

Dit is ook by hierdie Kerspartytjies waar sy eers saam met haar ma, Susan, begin optree het. Die Christmas by Candle Light-geselligheid het nou ’n plaaslike instelling geword.

Dis ook hier waar Madré en Susan saam begin sing het. “Dit was ’n ‘van my’-jaar. Ek sien nie net uit na die musiek van die geleentheid nie, maar ook omdat dit so baie vir die gemeenskap beteken.”

Dit was hierdie Kers-optredes wat haar geïnspireer het om haar musiek in ’n profes­sionele rigting te neem en in November het Godly Inspired die lig gesien.

Madré is egter nie tevrede om haar musiek en haar bemoedigende boodskappe in die Weskus te hou nie.

Sy en Vraagom het verlede maand Namibië toe getoer om hul musiek oor die grens te gaan deel.

Drie konserte in Walvisbaai, Swakop­mund en Rehoboth later en Madré sê dit was ’n verrykende ervaring.

Dié Weskus-boorling meen haar talente vir sang en skryf van liedjies is ’n gawe van God.
.
Nomineer ’n Weskusser van die Week deur ’n kort e-posboodskap met ’n kort opsomming en kontak­besonderhede van só iemand na joline.vdmerwe@media24.com te stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.