Leontine Cloete is Oktober se wenbruid.
Sy is deur ons beoordelaars aangewys as die mooiste bruid in vandeesmaand se inskrywings vir die vyfde Weslander en Weskus Mall Bruid van die Jaar-kompetisie.
Die nuwe kompetisiereeks beloof om weereens asemrowende bruide te lok. Vanjaar is daar wéér groot pryse te wen tydens die gala-geleentheid wat volgende jaar by Weskus Mall plaasvind.
Yvette Gillepsie, vanjaar se bruidswenner, het vyfsterverblyf, kontantpryse, skoonheidsprodukte en ’n romantiese wegbreekkans vir haar en haar manlief gewen.
Die pryse vir die vyfde wenbruid sal nóg groter wees.
Weslander en Weskus Mall se bruidskompetisie is oop vir alle bruide bo 18 jaar wat tussen September 2016 en Augustus 2017 trou. Bruide moet in die koerant se verspreidingsgebied woon, of tot haar troudag in gebied gewoon het.
Maandwenners word gekies na aanleiding van hul rok, algemene voorkoms sowel as daardie spesiale iets van haar persoonlikheid wat haar laat skitter.
Bruide wat in November getrou het, het nou kans om in te skryf. Inskrywings moet vergesel word van ’n kop-en-skouer- én ’n vollengtefoto. Skakel Yaël Malgas of Madelie Tolken by 022 713 1251 vir inskrywingsvorms of met navrae.
Lize-Mari Rhoode, van Dwarskersbos, is September 2016 se maandwenner.
Die vyf Oktober-inskrywings is . . .