Leerders wen met opstelkompetisie

Die Weskus-leerders blink uit in die skryf van opstelle en het vanjaar weer presteer by die jaarlikse interskole-opstelkompetisie van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).


Die Weskus-leerders blink uit in die skryf van opstelle en het vanjaar weer presteer by die jaarlikse interskole-opstelkompetisie van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV).

Die wenners het Vrydag 22 November hul pryse by die oorhandigingsgeleent­heid ontvang. Dié geleentheid is by die Hoedjiesbaai-hotel in Saldanha gehou.

Leerders tussen graad 7 en 10 het Dinsdag 29 Oktober by Laerskool Saldanha en Laerskool Vredenburg hul opstelle geskryf.

Die tema was “die seisoene” en leerders moes verduidelik wat dit vir hulle beteken – leerders kon ook self besluit oor watter seisoen hulle wil skryf.

Volgens Corné de Milander, takvoorsitter van die ATKV, het hierdie keuses vanjaar vir baie interessante opstelle gesorg.

“Die beoordelaars het met hul terugvoering weer klem op die korrekte spelling geplaas en gesê dat spelfoute maak dat leerders punte verloor – al was hul opstelle baie goed,” meen de Milander.

Die wenners het ook die geleentheid gekry om hul opstelle hardop te lees.

Die wenners as volg:
Graad 7-groep: 1. Jurayda Talmakkies (Jurie Hayes Primêre Skool);2. Sonet de Jager (Laerskool Vredenburg);3. Nicholas Mouton (Topolino Privaatskool).Graad 8-groep:1. Carina van Wyk (Hoërskool Vredenburg);2. Mieke van Dorp (Hoërskool Hopefield);3. Sumari Smit (Hoërskool Hopefield).Graad 9-groep:1. Evert Smit (Hoërskool Hopefield);2. Andre Mouton (Hoërskool Hopefield);3. Tashlyn Engelbrecht (Hoërskool Hopefield).Graad 10-groep:1. Emily White (Hoërskool Hopefield);2. Charlé Moolman (Hoërskool Hopefield);3. Ian van der Linde (Hoërskool Hopefield).

You need to be Logged In to leave a comment.