Die Weskus Skool se o.15-netbalspelers luister aandagtig na ’n werker van die Khoi-San-soutmaatskappy. Foto:


Weskus Skool in Saldanha se o.15-rugby- en netbalspelers het onlangs vir ’n naweek in Aurora gekuier.

Vrydag het afgeskop met ’n besoek aan die Khoi-San-soutmaatskappy naby Velddrif waar die spelers gesien het hoe sout verpak en bewerk word. Aangekom in Aurora het die seuns gebraai en die aand is op ’n hoogtepunt met ’n sokkie afgesluit. Saterdagoggend vroeg was almal vroeg uit die vere om aan ander plaaslike skole hul sportvernuf te wys by die Hoërskool Aurora se jaarlikse sportdag. Die dag word op ’n gepaste wyse afgesluit met ’n ete by die Spur.

Weskus Skool bedank ieder en elk wat die naweek vir die leerders moontlik gemaak het.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article