Ameré Myburgh, ’n graad 2-leerder van Hoërskool Porterville, laat gewis nie toe dat die droogte in die Wes-Kaap haar geesdrif blus nie.
Sy het besluit om vir al die maatjies by haar skool ’n brief te skryf waarin sy hulle vra om elke aand twee liter van hulle bad- of stortwater in ’n bottel skool toe te bring.
Met hierdie water maak hulle die plante en bome by die skool nat en verhoed só dat alles vrek.
Aan die einde van 2017 het die gr. 1-tot-3-leerders by die skool pampoene geplant en ook dié groentetuin vind baat by die gryswater wat die kinders skool toe bring.
Die leerders hoop om binnekort ’n groot pampoenoes te hê.
Danksy die inisiatief van ’n jong meisie met ’n groot plan, sal mense van die gemeenskap gratis pampoene kan kry.