Die Hoërskool Weston in samewerking met Transnet en die Columba-jeugleierskapprogram het die afgelope Vrydag (17 Oktober) ‘n teenboelieveldtog gehou. Met boeliegedrag wat die afgelope paar maande toegeneem het, moes die skool deur hierdie bewusmakingsprogram ingryp. Die skool se maatskaplike werker het leerders oor die verskillende soorte maniere van boelie en wat hulle kan doen om dit te verhoed, toegespreek. Columba het op waardes gefokus. Hulle is tans besig met ‘n boelieboks -inisiatief as deel van hul betrokkenheid by die skool. Transnet het kos en geskenkpakkies uitgedeel.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 13 November 2025
    Weslander E-Edition – 13 November 2025