Topolino Privaatskool Langebaan se graad 5-leerders het Vrydag 4 Mei ’n uitstappie na die !Khwa ttu-erfenissentrum meegemaak.
Tydens die besoek aan die erfenissentrum op die R27, het hulle meer geleer oor die San-kultuur.
Die leerders het gesien hoe die San vuurgemaak, gejag, spoorgesny en uit die natuur gelewe het. Die meisies het die geleentheid gekry om Sanklere aan te trek en die seuns het op hul beurt op die tradisionele manier geleer vuurmaak.
Die uitstappie is afgesluit met ’n wildrit. Sebras, elande, springbokke, volstruise en bontebokke was volop te sien.
!Khwa ttu bied begeleide toere aan skoolgroepe, studente en sakegroepe waar hulle deur die veld geneem word om hulle van tradisionele spoorsny, jag- en vuurmaakmetodes te leer.
Die San-toergidse deel hul uitgebreide kennis van die plantlewe in die omgewing met die toergroepe.
. !Khwa ttu bied ’n spesiale tarief aan skoolgroepe. Bel 022 492 2998 vir nog inligting.