Leoné Brand, trofeewenner vir kultuur, en Lara Lesch, verlede jaar se trofeewenner. Foto: ATKV


Opstelskrywers en kultuurwenners het hul pryse, medaljes, sertifikate en trofees by die ATKV Saldanhabaai se Erfenis-oorhandigingsaand gekry.

Die leerders het deelgeneem aan die ATKV Interskole Opstelwedstryd vir gr.7-9 asook die ATKV-kultuurkompetisie vir gr.7-leerders. Gassprekers was Elize Fortuin, ATKV-streekorganiseerder van Stellenbosch, Koos Kotzé, hoofbeoordelaar en die Khoisan-geselskap.

Opstelskryf

Nege skole het deelgeneem aan die opstelwedstryd en 66 opstelle is op Vrydag 28 Oktober, onder toesig van ATKV-Saldanhabaai se takbestuur, geskryf. Die onderwerp vir gr.7 was Hoe of waar het jy jou Erfenisdag spandeer?, vir gr.8: Hoe voel jy oor die roet (rooi stof) wat jou omgewing verrooi? en gr.9: Wat dink jy van gratis tersiêre opleiding?

Die wenopstelle is geskryf deur Cassidy Lesch van Laerskool Saldanha (gr.7), Elrie Bester (gr.8, Hoërskool Vredenburg) en Shana van Wyk (gr.9, Hoërskool Vredenburg).

Kultuurprestasies

Skole het self gr.7-kandidate in dié afdeling genomineer.

Die leerders is beoordeel na gelang van hul prestasies op kultuurgebied en verlede jaar se wenner, Lara Lesch (Hoërskool Hopefield) het die trofee aan vanjaar se wenners oorhandig. Hulle is Leoné Brand (Topolino Privaatskool), Isabelle Bester (Laerskool Vredenburg) en Emily White (Hoërskool Hopefield).

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025