Levenia Pretorius, die ouer van Carl Pretorius ’n gr. 12-leerder aan die Hoërskool Hopefield, het besluit om aan elke gr. 12-leerder en onderwyser van dié jaargroep ’n boek as geskenk te gee. Dié boek, The Good Book of Food, Love & Wisdom, is deur Levenia geskryf en die boek se druk is deur Carlu Steenkamp van Pillar Financial Services geborg. Die boek is vol resepte, wyshede, raad oor alledaagse aangeleenthede en wenke vir in en om die huis. Daar is ook ’n groot gedeelte oor finansiële wysheid wat jong mense raad gee oor hoe om van jongs af voor te berei vir hul aftrede. Bo staan Carl Pretorius, Wehan Fourie (skoolhoof) en Levenia Pretorius (skrywer) by die oorhandiging van die boeke.Foto:


Leerders en personeel kry boek van ouer

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article