Leerders besig die vakansie

Leerders van die Longacres privaatskool in Langebaan was besig die afgelope vakansie en het verskeie puik prestasies behaal.


Leerders van die Longacres privaatskool in Langebaan was besig die afgelope vakansie en het verskeie puik prestasies behaal.

Die Boland-binnenshuise krieketspan het tussen 24 en 30 Maart in Port Elizabeth aan die nasionale junior toernooi deelgeneem.

Longacres-leerders Brinley Louw, David Carver en Viaan Wucherp­henning was lid van die Boland se o.16-span. Dié drie het ook hul Boland-kleure vir dié sport ontvang.

Alexander Weyers het weer aan die Saka-skopbokstoernooi deelgeneem. Hy het die silwermedalje in sy groep verower.

In perdry het Kaylene Olivier haar mededingers ore aangesit.

Kaylene het aan die Westelike kwalifiserende spele deelgeneem. Sy is in graad 3 en het vier goue medaljes en ’n silwermedalje by die South African Equestrian School Association (Sanesa) verower.

In die ope afdeling by South African Western Mounted Games Association (SAWMGA) het sy ook die eerste plek behaal en drie goue medaljes en twee silwermedaljes gewen.

Haar mederuiter, Tyla Shields, het ook goed gevaar en het drie silwermedaljes en twee bronsmedaljes by Sanesa verower. Tyla het op vlak 1 tweede geëindig.

Daniella van Niekerk het aan die Wes-Kaapse somerkamp vir boogskiet deelgeneem. Sy het haar persoonlike beste telling van 467 gestel en het ’n goue medalje vir haar vertoning ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.