Lise Bruwer, ’n gr.6-leerder aan die Hoërskool Piketberg, het die logokompetisie gewen. In Oktober en November het die skool ’n logokompetisie van stapel laat loop vir die viering van sy 175ste verjaardag. Deelnemers moes ’n logo ontwerp wat vir 2021 gebruik word. Die skool se wapen, ’n zebra en 175 jaar moes op die logo verskyn. Bruwer het ’n kontantprys van R500 gewen en haar logo sal op alle korrespondensie wat die skool uitstuur, verskyn.


  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025