Die vakansie mag verby wees, maar jy kan daardie ontspanne gevoel vasvang met ’n paar dekor-idees vir die nuwe jaar.
Die eerste wenk is om ontslae te raak van al die onnodighede en leefruimtes meer leefbaar te maak. Raak ontslae van papierwerk en steek weg al die tegnologiese toestelle met hul kabels. Maak tafels en toonbanke van ou boeke en tydskrifte, trommels en koffers.
Tweedens, let daarop om leefruimtes vir ’n spesifieke doel toe te wy. Slaapkamers is vir rustig wees, terwyl kamers soos kombuise en televisiekamers weer meer “verkeer” moet kan hanteer. Kreatiewe werkruimtes soos studie- of leeshoekies moet buite die slaapkamers ingerig word, verkieslik in ’n vertrek met natuurlike lig.
Maak die slaapkamer ’n oase van rus.
Versier die mure met aangename sagte kleure, gebruik kerse vir sagte lig en laat die lig en lug in deur vensters daagliks oop te maak. Beddegoed moet snoesig en sag wees. Kies gerus katoen wat altyd ’n goeie opsie is.