Atlete van die Langebaan Primêre Skool het die afgelope naweek aan die Weskus-landloopkampioenskap in Clanwilliam deelgeneem.
Vier van die skool se langasems is in die Weskus-landloopspan opgeneem wat Saterdag 31 Augustus aan die Wes-Kaapse landloopkampioenskap gaan deelneem.
Evan Berling, Marly Geduld, Letesha Coetzee en Juanne Lewies sal by dié kompetisie die rieme neerlê.
Die atlete is almal lede van die Langebaan-atletiekklub en word deur Christopher Rodgers afgerig.
Die skool het ook drie leerders wat in die rugbyproewe vir die o.12-Bolandspan naam gemaak het. Jason Ocks, Sydney Blaauw en Jadon Ocks het die skool verteenwoordig met hul afrigter, Melbourne Davids, wat hulle bygestaan het.. Die Laerskool Hottentots Holland in Somerset-Wes sal vanjaar die gasheer vir die byeenkoms wees.