Langebaan Primêr se landloopatlete is, agter van links, Jason en Jadon Ocks, Valentino Fredericks, Valentino Beukes, Juanne Lewies, Marly Geduld en Letesha Coetzee. Voor is Riley Valentyn, Evan Berling en Elzay Niemand.


Atlete van die Langebaan Primêre Skool het die afgelope naweek aan die Weskus-landloopkampioenskap in Clanwilliam deelgeneem.

Vier van die skool se langasems is in die Weskus-landloopspan opgeneem wat Saterdag 31 Augustus aan die Wes-Kaapse landloopkampioenskap gaan deelneem.

Evan Berling, Marly Geduld, Letesha Coetzee en Juanne Lewies sal by dié kompetisie die rieme neerlê.

Die atlete is almal lede van die Langebaan-atletiekklub en word deur Christopher Rodgers afgerig.

Die skool het ook drie leerders wat in die rugbyproewe vir die o.12-Bolandspan naam gemaak het. Jason Ocks, Sydney Blaauw en Jadon Ocks het die skool verteenwoordig met hul afrigter, Melbourne Davids, wat hulle bygestaan het.. Die Laerskool Hottentots Holland in Somerset-Wes sal vanjaar die gasheer vir die byeenkoms wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 4 December 2025
    Weslander E-Edition – 4 December 2025

Gift this article