Die Langebaan-atletiekklub (LAC) het die afgelope naweek aan Boland-atletiek se Someratletiekreeks in die Daljosafat-stadion in Paarl deelgeneem.
Die reeks is deel van die plaaslike klub se voorseisoenprogram om die atlete betyds vir die 2024-atletiekseisoen slaggereed te kry.
Die klub is tans ook besig met ’n talent-identifiseringsprogram om atlete te identifiseer en te ontwikkel.
Atlete van ses tot 18 jaar oud het aan die program deelgeneem.
Die LAC-span se afrigters en atlete se harde werk werp vrugte af.
Valentino Fredericks (naellope), Divano Fallet (middelafstand), Deniah McDonald (middelafstand) en Emmanuel Fredericks (middelafstand, 10- en 21-km-padatleet en landloop) is in Weskus Sportakademie opgeneem ná intensiewe toetsing by die Sportinstituut in Nuweland die afgelope maand.
Enige atleet wat van voorneme is om by die klub aan te sluit, is welkom om Christopher Rodgers, die voorsitter, per e-pos by chrodgers1@gmail.com of telefonies by 073 232 0046 te kontak.
Belangstellendes kan ook Leroy Jacobs by 083 928 9827 skakel.