Die 2024-Comrades-marathon vind Sondag (9 Junie) in Durban plaas en drie van die Langebaan-atletiekklub se lede neem vanjaar deel.

Dit sal Natasha Jantjies se eerste Comrades-marathon wees – ’n droom wat vir haar ’n werklikheid word. Dit is Johnnie Siljeur se dertiende Comrades en Wilhelm Herrings se tiende.

Volgens Herrings het hy voorbereiding gedoen in die koue, hitte en reën, in die vroeë oggendure en laataande, en moes dit balanseer met sy werk en sy verpligtinge by die Langebaan-rugbyklub. Herrings sê hy neem elke jaar deel omdat hy gemotiveerd voel deur die waargenome voordele van hardloop. Hy waardeer ook die gesonde leefstyl, sielkundige welstand, die mededinging en die kameraadskap tussen mede-atlete.

Waarna Herrings die meeste uitsien, is om sy groen nommer te ontvang.

Om die deelnemende lede voorspoed toe te wens, het die Langebaan-atletiekklub ’n Comrades-geselligheid gehou en dié drie langasems se Comrades-klere aan hulle oorhandig.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025