Rondomtalie, met Margit Meyer-Rödenbeck, Gary Naidoo en Deon Lotz, kom na Die Koelkamers toe.

Rondomtalie/Marry-Go-Round is as ‘n debuutproduksie by die Suidoosterfees in Mei aangebied en kom nou Weskus toe.

In dié storie is die verhoudingsterapeut Mahesh Maharaj glo die heel beste in die bedryf. Met sy alternatiewe metodes kan hy blykbaar enige verhouding back on track bring. Kan Mahesh egter vir Olivia en Alan help om hul huwelik van 12 jaar te red nadat Olivia haar man op die kombuistafel met ‘n ander vrou betrap het?

Die terapiesessies het skreeusnaakse dog opregte gevolge. Rondomtalie/Marry-Go-Round het gehore by die Suidoosterfees letterlik laat skree van die lag. Baie mense het gesê dit is een van die mees verfrissende komedies wat hulle nog op die planke gesien het.

Dié vertoning is môreaand (Vrydag 13 Junie) om 19:00 by Die Koelkamers in Paternoster op die planke.

Maar is dit net komedie?

Rafiek Mammon, die skrywer en regisseur, sê dit slaan nogal hard by tye – “namate ons die verhouding verken en eerlike gevolge blootlê, met teer oomblikke wat nogal hard aan die hartsnare ruk, so tussen die gelag soos ons die paartjie ‘n baie werklike stryd met hulle beleef.”

Die paartjie word meesterlik gespeel deur Margit Meyer-Rödenbeck en Deon Lotz. Gary Naidoo vertolk die rol van die verhoudingsterapeut wat as’t ware die gom is wat die hele brose, dog skreeu- snaakse affêre bymekaar moet hou.

• Kaartjies kos tussen R207 en R345. Besoek www.diekoelkamers.com om jou plek te bespreek.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 July 2025
    Weslander E-Edition – 10 July 2025