Talentontwikkeling is die bevordering van goeie sportmangees en die versterking en opbou van vriendskappe.
Dié doelstellings is deur Laerskool Jurie Hayes gestel vir hul sportdag vir plaaslike laerskole wat op Saterdag 22 April op Hoërskool Vredenburg se sportveld gehou is.
Volgens Jurie Hayes se bestuur was die dag suksesvol en leerders het dit terdeë geniet ten spyte van die drukkende hitte. Die foto’s vertel dié storie. . .