Saldanha se nuutste skool, Laerskool Middelpos, het sy heel eerste rugbywedstryd Saterdag by Jurie Hayes se sportdag gespeel. Hiér is die trotse o. 9-spannetjie langs die veld, skaars twee dae ná hul skool geopen het (die amptelike opening is 4 Mei). By hulle links is skoolsportkoördineerder Stesh Mazula en regs staan hul afrigter, Khaya Ngetu. Foto:


Talentontwikkeling is die bevordering van goeie sportmangees en die versterking en opbou van vriendskappe.

Dié doelstellings is deur Laerskool Jurie Hayes gestel vir hul sportdag vir plaaslike laerskole wat op Saterdag 22 April op Hoërskool Vredenburg se sportveld gehou is.

Volgens Jurie Hayes se bestuur was die dag suksesvol en leerders het dit terdeë geniet ten spyte van die drukkende hitte. Die foto’s vertel dié storie. . .

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 December 2025
    Weslander E-Edition – 18 December 2025

Gift this article