Jan Malan saam met die kunstenaar Bräsler van Schoor.Foto’s: Noluvu Ludidi


Die pragtige kunswerke van Bräsler van Schoor word in Mei vir die maand by Die Koelkamers in Paternoster uitgestal.

Elke maand kies Die Koelkamers ’n kunstenaar van die maand wie se werke te sien en gekoop kan word. Van Schoor se kunswerke is Woensdag 24 April bekendgestel.

Volgens Jan Malan, mede-eienaar van Die Koelkamers, is sy visie met die kuns by Die Koelkamers om kunstenaars van ander streke betrokke te kry en Paternoster meer begeerlik te maak vir mense van ander streke. Vir Malan is dit ook ’n geleentheid vir plaaslike inwoners om die werk van ander kunstenaars buite die Weskus te sien.

“Bräsler se werke het my ook herinner aan die pragtige landskappe hier in en om die Weskus soos by Hopefield ensovoorts.”

Volgens Van Schoor het hy twee jaar gelede in die Kaap uitgestal. Hoewel hy intussen besig was met ander dinge, sê hy hy vind altyd tyd om te skilder.

Volgens Van Schoor was die kunswerke wat op uitstalling is, reeds voltooi en gestoor en hy is opgewonde om dit met ander te kan deel. “Dit was ongelooflik om ’n oproep te kry wat sê ons wil jou werk hê,” sê Van Schoor.

You need to be Logged In to leave a comment.